Mnr. CP Koegelenberg

My droom vir elke kind met wie ek werk is…
dat hulle my nie net verlaat as goeie skoliere nie, maar goeie mense met goeie waardes en maniere.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
‘n professionele gholfer wees.

Me. Daneel Booyens

My droom vir elke kind met wie ek werk…
Om aan die einde van die jaar vol selfvertroue te wees en as ‘n sterkte mens te eindig.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
‘n Formule 1-motorrenjaer word.

Mnr. Dawie Marais

My droom vir elke kind met wie ek werk is…
om ‘n goeie voorbeeld in hulle lewens te wees.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
graag die Loskop Marathon wou hardloop.

Me. Rialise van Dyk

My droom vir elke kind met wie ek werk is…
dat hulle al hulle drome sal bereik en dat niks hulle sal stop nie.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
al my gunsteling plekke in die wêreld besoek.

Mnr. Estiaan Pienaar

My droom vir elke kind met wie ek werk…
dat hulle geïnspireer en gemotiveer sal word om hulself verstandelik en fisies te verbeter om die beste weergawe van hulle self te wees.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Die hele wêreld vol reis om kennis bymekaar te maak en sodoende ‘n beter onderwyser te kan wees.

Me. Jo-Anne Roodt

My droom vir elke kind met wie ek werk is…
om hulle sterkpunte ten toon te stel en om hul drome te volg!

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
oorsee gaan skoolhou.

Me. Karma Truter

My droom vir elke kind met wie ek werk…
om alles met ‘n glimlag te doen en altyd net hulle beste te gee.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
elke dag iets probeer wat ek nog nooit voorheen kon doen nie.

Me. Leticha Swanepoel (GSF)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
dat hy/sy gelukkig sal wees en dat hulle die talente & gawes wat Liewe Jesus vir hulle gegee het sal ontdek en uitleef.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
meer gereeld sê hoe ek voel.

Me. Lomé de Vries (GSF)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
dat hulle hul volle potensiaal sal bereik. Ek droom dat elke kind met ‘n glimlag deur die lewe sal gaan en alles tot die beste van sy/haar vermoë sal doen.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
‘n dansinstrukteur word.

Me. Michelle Schoeman (GSF)

My droom vir elke kind met wie ek werk is…
is dat elke kind hulle talente kan ontdek en dit ten volle benut.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
al my drome najaag.