Me. Wanda Farmer (Gr. 7/22)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Dat hulle eendag gelukkige grootmense sal wees.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Meer kanse gevat het.

Mnr. Louis Le Roux (Gr. 7/48)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
•    Dat elke kind sy volle potensiaal sal uitleef met volharding, toewyding en integriteit.
•    Mag die Here elke seun en dogter seën – wanneer dit goed gaan en wanneer dit reën.
•    Mag hul droom, streef, bydrae en sweef.
•    Mag hul vreugdevolle, unieke en asemrowende lewens leef.
•    Wanneer hulle struikel, mag hul al ons lesse onthou en weet dat daar ‘n onderwyser is wat omgee, altyd en nou.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
•    Dat elke kind sy volle potensiaal sal uitleef met volharding, toewyding en integriteit.

Me. Via Fouché (Gr. 7/49)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Dat hy/sy elke dag gelukkig sal wees en hy/sy hard sal werk om sy/haar drome te verwesenlik.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Elke pouse “bungee jump” tot in die personeelkamer en “abseiling” terug! Hysbak vir kinders se tasse!

Me. Zuanique Schutte (Gr. 7/51)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
dat hulle hul eie identiteit sal najaag in ‘n wêreld vol duplikate.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Baie vroeër al my drome nagejaag het!

Me. Yolanda Oosthuizen (Gr. 7/53)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Dat hulle hul volle potensiaal sal verwesenlik ten spyte van omstandighede.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Verjaarsdagkoek gebak het en dit self versier het.

Mnr. Mias Nieuwoudt (Gr. 7/61)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Dat elke kind sy volle potensiaal kan bereik.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Die Springbokke leer rugby speel!

Mnr. Drian Lerm (Gr. 7/62)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
om die beste weergawe te wees van hulself. En om God te sien as die pilaar van sukses.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
op ‘n bootreis gaan om die wêreld.