Me. Janita Wheeler (Gr. 6/34)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Dat elke kind sy volle potensiaal sal bereik.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
‘n Marathon hardloop.

Me. Melanie Haarhoff (Gr 6/50)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Dat hul liefde moet ken, want ‘n kind wat liefde ken leer dat die wêreld ‘n wonderlike plek is.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Waag! Mislukkings van die verlede is rigtingwysers op pad na nuwe suksesse.

Me. Renate Korb (Gr. 6/52)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Om te besef dat ‘n fout wat herhaal word ‘n besluit is.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Nooit verskoning maak vir hoe ek voel nie, want dis om jammer te sê vir hoe ek regtig voel.

Mnr. Arnold Pieterse (Gr. 6/54)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Dat elkeen met ‘n glimlag sy/haar beste sal doen.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Elke kind met ‘n positiewe gesindheid kies om deel te wees van sportspan.

Mnr. Eddie Bauling (Gr 6/58)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Om hul volle potensiaal te bereik en bo alles die lewe te geniet.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
sou ek valskermspring, want ek het die ergste hoogtevrees.