Me. Erika du Toit (Gr. 4/38)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Om die mooi goed te kan raaksien (ontdek) in enige situasie.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Sing.

Me. Jeanet Bezuidenhout (Gr. 4/39)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Om te leer tel is belangrik, maar om te leer WAT tel is belangriker.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Diepsee duik.

Me. Chantelle van Wyk (Gr. 4/43)

My droom vir elke kind waarmee ek te doen kry…
is om ‘n ontmoeting met God te hê tydens hul laerskool loopbaan en om veranderd hier weg te stap…

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
die “rooi-deur-huis” begin het. ‘n Droom van my om vir hawelose vroue en kinders ‘n veilige heenkome te bied met gesonde kos en rehabilitasie indien nodig.

Me. Marinda Everett (Graad 4/44)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
•    My God, Jesus Christus, as hul beste vriend te hê
•    Om hard te werk en daarom goed oor hulself te voel

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Paragliding.

Me. Bets Powell (Gr. 4/45)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Om tussen die vakkennis ook ‘n paar lewenswyshede vir hul te leer wat hul kan help op hul lewenspad.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Lees en ontspan.