Me. Louise Rossouw (Gr. 3/33)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
“om te leer” moet ‘n lekker ervaring wees!

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
My eie koffiewinkel/gastehuis begin.

Me. Yolanda Oosthuizen (Gr. 3/71)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Dat hulle hul volle potensiaal sal verwesenlik ten spyte van omstandighede.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Verjaarsdagkoek gebak het en dit self versier het.

Me. Karla Oosthuizen (Gr. 3/106)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Om sy/haar volle potensiaal te bereik en die leuse te kweek “niks sonder arbeid”

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
valskermspring.

Me. Rika Els (Gr. 3/107)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Om te sien dat elke kind tot hul volle potensiaal groei en dat hulle elke dag God se liefde sal ervaar.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Wou valskerm gespring het.

Me. Janine Baker (Gr. 3/108)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
dat hulle sal BLOM waar hulle geplant is.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
boer soek ‘n vrou aanbied! (Ek het klaar my eie boer gekry!)

Me. Zelda Botha (Gr. 3/109)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
emosionele standvastigheid, die wete dat hulle geliefd is en die selfvertroue om enige taak met gemak aan te pak.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
inskryf vir ‘n realiteitsprogram soos Amazing Race – ek sal graag meer van die wêreld wil sien.

Me. Wimpie Malan (Assistent)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
om hulle te leer dat elke mens ‘n roeping in die lewe het, en as ons elke dag ons beste gee is dit goed genoeg vir Jesus.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
‘n inspirerende boek skryf wat elke vrou se waarde in Jesus Christus vir haar vertel.