Me. Janine Prinsloo (Gr. 1/1)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Dat hy/sy sy volle potensiaal sal bereik, sy talente gebruik en nooit twyfel hoe kosbaar hy/sy vir die Liewe Vader is.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Kilimanjaro gaan uitklim, en aansluit by ‘n groep om die gorillas op te spoor en navorsing te doen.

Me. Danellé Pretorius (Gr. 1/2)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Dat elke kind sy volle potensiaal sal bereik en volwassenes sal wees wat hulle plek in die lewe sal volstaan.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
My eie kleuterskool begin.

Me. Retha Smit (Gr. 1/3)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Om altyd in hulle harte nederig te bly, maak nie saak watter groot besluite hulle moet maak nie.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
‘n Jaar afvat van onderwys en ‘n lugwaardin word.

Me. Mariza Senekal (Gr. 1/4)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
om hulle volle potensiaal te ontwikkel, sodat hulle ook die “sleutel” het tot ‘n suksesvolle skoolloopbaan vorentoe.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
‘n motiveringspreker word en rondom die wêreld reis.

Me. Janine Baker (Gr. 1/6)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Dat hulle sal BLOM waar hulle geplant is.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Boer soek ‘n vrou aanbied! (Ek het klaar my eie boer gekry!)

Me. Erika Fraser (1/8)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
Vlieg met arendsvlerke.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
Leef elke droom.