Mnr. Pieter Fouché (Hoof)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
om elke geleentheid aan te gryp en dit goud te maak.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
valskerm “toe oë” gaan doen.

Me. Thea Howell (Presidentjies @ CR Kleuterskool: Hoof)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
om positief te wees oor hulleself, sodat hulle skoolloopbaan vir hulle aangename herinneringe sal inhou.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
graag klopdanse wou doen.

Mnr. Johan Oosthuizen (Adjunkhoof)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
dat hulle hul geluk sal vind in die Here.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
ek vrees nie mislukking nie. Mislukkings is stappies na sukses.

Mnr. Heiné Geldenhuys (Adjunkhoof)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
om onderrig te geniet en om lewenslesse te leer sodat hulle reg is vir die wêreld daar buite.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
die Minister van Onderwys word.

Me. Via Fouché (Departementshoof: Intersen & Wisk Gr 7)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
dat hy/sy elke dag gelukkig sal wees en hy/sy hard sal werk om sy/haar drome te verwesenlik.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
elke pouse “bungee jump” tot in die personeelkamer en “abseiling” terug! Hysbak vir kinders se tasse!

Me. Tania Smit (Departementshoof: Intersen & Afrikaans Gr 5)

My droom vir elke kind vir wie ek skool hou is…
ons lewe net een maal. Gryp elke geleentheid met albei hande vas.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
waag om nooit so besig te raak om ‘n lewe te maak dat ek vergeet om te leef nie.

Mnr. Louis Le Roux (Departementshoof: Intersen & NWT Gr 7)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
•    dat elke kind sy volle potensiaal sal uitleef met volharding, toewyding en integriteit.
•    mag die Here elke seun en dogter seën – wanneer dit goed gaan en wanneer dit reën.
•    mag hul droom, streef, bydrae en sweef.
•    mag hul vreugdevolle, unieke en asemrowende lewens leef.
•    wanneer hulle struikel, al ons lesse onthou en weet dat daar ‘n onderwyser is wat omgee.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
•    dat elke kind sy volle potensiaal sal uitleef met volharding, toewyding en integriteit.