Me. Danel Botha (Sportwinkel)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
gebruik jou tyd tot die beste wat jy kan, omrede niemand tyd kan terugdraai nie.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
meer betrokke by my emosionele denke wou wees.

Me. Elsa Joubert (Tikster)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
dat harde werk beloon word. 🙂

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
om op ‘n eiland te bly van die “grid” af. 

Mnr. Ettienne Janse Van Rensburg (Terreinbestuurder)

My droom vir elke werker wat deel is van die terreinspan is…
om volle werksatisfaksie te kry uit sy/haar werksomgewing en gelukkig te wees.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
‘n 6 maande toer deur ons land en buurlande vat en elke aand braai op ‘n ander plek!

Me. Hanlie Swanepoel (Ontvangsdame)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
om nooit ongemaklik in sy eie vel te voel nie en om altyd te onthou dat Jesus sy beste pel is.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
die Dakar wedren doen.

Me. Ina van Biljon (Huishoudster)

My droom vir elke kind waarmee ek te doen kry…
om ‘n beter mens te wees. Daar is plek vir elkeen van ons in die lewe. Leef jou droom.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
my geloof voluit leef en elke dag ‘n beter mens wees.

Me. Lin van Niekerk (Bemarker)

My droom vir elke kind waarmee ek te doen kry…
is dat hulle sal besef dat die Here hulle elkeen uniek en spesiaal gemaak het en dat hulle tevrede en gelukkig sal wees met wie en wat hulle is.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
graag my eie besigheid as “event planner” wou begin …

Me. Linette Luus (Maatskaplike werker)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
om sommer net onbevange kind te kan kan wees.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
‘n koffiewinkel wou hê.

Me. Milet Cox (Debiteure)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
onvoorwaardelike liefde sodat hulle weet hoe mooi, kosbaar en belangrik hulle is. Positiewe motivering en ondersteuning van klasmaats.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
‘n tuis dialiese netwerk op die been bring sodat mense met nierversaking wat dialiese nodig het so na as moontlik ‘n normale produktiewe lewe kan geniet.

Me. Monica Marx (Inskrywings)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
dat elke dag gevul sal wees met liefde, geluk en voorspoed. Dankbaarheid gee sin aan gister, gee vrede vir vandag en skep ‘n droom vir môre.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
mount Kilimanjaro gaan klim.

Me. Natasha Bezuidenhout (Kassier)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
om gelukkig te wees.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
valskerm sping!

Me. Natashja van Vuuren (Krediteure)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
om groot te droom en jou drome na te volg.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
toer met ‘n motorfiets deur die land te doen en stories te maak met storiefiets.

Me. Nicole Delport (Jeugwerker)

My droom vir elke kind met wie ek werk…
om sy loopbaan suksesvol te voltooi en altyd in homself te glo.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
my eie klerewinkel wou oopmaak.

Me. Tanya Eysell (SASPAC)

My droom vir elke kind waarmee ek te doen kry…
is dat elke kind die geluk sal vind in die klein dingetjies in die lewe wat saak maak.

Indien ek enige iets kon waag sonder vrees vir mislukking, sou ek…
op ‘n eiland gaan bly en hawelose mense leer om vir hulself te sorg met die minimum wat hul het.