Somersdrag
Wintersdrag
Sweetpakke

Spesifieke reëls rakende skooldrag:

 

Seuns:

Dogters:

Somer:

1 Jan – 30 April

1 Sept – 31 Des

  • Grys kortmou, oopnek hemp.
  • Grys kortbroek.
  • Swart skoolskoene met veters.
  • Lang grys skoolkouse.
  • Geruite rokkie.
  • Ougoud kouse.
  • Swart skoolskoene met veters/bandjie.
  • Ougoud ski-snit kortbroekie.

Winter:

1 Mei – 31 Aug

  • Grys seuns-langbroek.
  • Grys hemp met das.
  • Skooltrui/‘Pull-over’.
  • Gestopte baadjie Gr 1-7
  • Kleurbaadjie Gr 6 en 7 (opsioneel).
  • Swart skoolskoene met veters.
  • Lang grys skoolkouse.
  • Grys dogters-langbroek.
  • Wit langmouhemp met das
  • Skooltrui/‘Pull-over’
  • Gestopte baadjie Gr 1-7/
  • Kleurbaadjie Gr 6 en 7 (opsioneel).
  • Swart skoolskoene met veters/bandjie.
  • Lang grys skoolkouse.

Leiers:

  • Kleurbaadjie met koord.
  • Leier-das in die winter.
  • Vrydae ~ Leierdrag.
  • Kleurbaadjie met koord.
  • Leier-das in die winter.
  • Vrydae ~ Leierdrag.

Spesifieke reëls rakende netheid:

 

Seuns:

Dogters:

Naels:

  • Kort, netjies en skoon ~      mag nie oor die vingerpunte steek nie.
  • Kort, netjies en skoon mag nie oor die vingerpunte steek nie.
  • GEEN naellak aan naels of toonnaels.

Hare:

  • Kort, skoon en netjies.
  • Kuiwe mag nie oor wenkbroue hang nie.
  • GEEN “steps”, gel of gekleurde hare word toegelaat nie.
  • Kort hare moet skoon en netjies wees.
  • Geen verspotte style mag gedra word nie.
  • Hare wat oor die kraag hang MOET vasgemaak word.
  • Geen kuiwe oor wenkbroue of slierte voor die ore nie.
  • GEEN gel, golwing, gekleurde hare of “hi-lights” word toegelaat nie.
  • Lang hare moet netjies vasgemaak wees
  • Slegs knippies en wit/geel/blou linte word as versierings toegelaat.
  • Haarrekkies kan die kleur van die hare wees, andersins slegs wit/geel/blou.
  • Geen breë kopbande nie.
INDIEN HARE TYDENS VAKANSIES GEKLEUR WORD IS OUERS DAARVOOR VERANTWOORDELIK OM DIT NA DIE NATUURLIKE KLEUR TERUG TE KLEUR VOOR DIE SKOOLKWARTAAL IN AANVANG NEEM.

Juwele:

  • Geen juwele word toegelaat.
  • Slegs EEN seëlring word toegelaat en moet aan ring- of middelvinger gedra word.
  • Oorkrabbertjies: Slegs klein goue/silwer knoppies of klein gladde ringetjies (1,5 cm in deursnee en +/-1,5 mm dik) mag in oorbelle gedra word, NIE in oorskulpe nie!
  • GEEN naeltjie-, neus-, tong-, toon- of enige derglike ringe word toegelaat nie.
LW: Ongeoorloofde juwele word vir die dag geskut en indien ‘n leerder volhou om dit te dra, sal dit geskut word vir die res van die jaar!

Grimering:

 
  • Geen grimering, tydelik/permanent word toegelaat nie.