Mev Lydia en Hester van Niekerk, twee skoonsussies, was beide onderwyseresse by Laerskool CR Swart. Mev Hester van Niekerk, die musiekjuffrou en mev Lydia van Niekerk, ‘n geliefde Graad 1-juffrou. Die twee knap juffrouens het saamgespan om ons skoollied te skryf. Mev Hester van Niekerk die woorde en mev Lydia van Niekerk het dit getoonset. In 2015 kom kuier mev Hester van Niekerk weer by die skool en kon sy hoor hoe die CR’tjies na al die jare nog steeds die pragtige skoollied luidkeels saamsing. Op die foto is mev Van Niekerk saam met mev Via Fouché wat tans die begeleiding waarneem.

Skoollied:

Op die Hoëveld staan ons Laerskool
ons eie CR Swart
Trots dra ons die naam
van ‘n Staatsman groot van hart,
Ons kleure soos ‘n sonskyndag
is goud en wit en blou
Ons lewe en ons strewe,
ons leuse is Ons Bou.
Want die naam wat ons dra,
wat ons beste vra,
is ons trots en is ons trou.
Ons geloof sal ons hou,
op ons God steeds vertrou
Aan ‘n eie toekoms bou,
‘n eie toekoms bou.