ChukuRu

Ons grootste ondersteuner is ChukuRu. Sy naam is afgelei van die Tswana-woord vir renoster en hy is al ‘n volle dertien jaar oud! Sy groot lyf is oral te sien waar die CR’tjies met hulle verskeie aktiwiteite besig is. Ons het juis ‘n renoster as gelukbringer gekies omdat ons graag ons kinders wil leer om mede verantwoordelik vir hulle omgewing te wees. Daar word elke jaar met ChukuRu se verjaardag (22 September op Internasionale Renosterdag) geld ingesamel om te help met renosterbewaring.