Net by Ons
Kinetika
Kinderkinetika is ‘n wetenskaplik-gegronde neuro-motoriese bewegingsprogram wat fokus op die optimale ontwikkeling van kinders. Kinderkinetika bied die geleentheid om enige onderliggende probleem wat die normale ontwikkelingsproses van kinders mag strem, te identifiseer en vroegtydig reg te stel. Die program word aangebied onderleiding van Dr. Retha Calitz (Biokinetikus).




Skaak
Ons laerskool bied met trots skaak as ’n volwaardige vak aan – ’n unieke en waardevolle toevoeging tot ons kurrikulum. Skaak is nie net ’n speletjie nie; dit is ’n kragtige leerinstrument wat leerders help om belangrike lewensvaardighede aan te leer en toe te pas.
Deur skaak leer kinders om strategies te dink, probleme op te los en vooruit te beplan. Dit verbeter konsentrasie, geduld en besluitneming – vaardighede wat hulle regdeur hul akademiese loopbaan en selfs later in die lewe sal gebruik. Verder bevorder skaak ook selfdissipline, kreatiwiteit en die vermoë om kalm onder druk te bly.

Ouer - kenmekaar braai
Ons ouer-kenmekaar braai is ’n groot gebeurtenis, met heerlike kos, warm kole en vriendelike geselskap. Ouers leer mekaar beter ken rondom die braaivleisvure, terwyl die kinders hul harte uit gespeel het op die grasperk – veral met die groot opwinding van die sprinkastel, wat vir ure se pret sorg. Die atmosfeer is altyd ontspanne en vol gemeenskapsgees – ’n spesiale geleentheid wat beslis altyd lank onthou word.




