Missie

Om alle leerders te alle tye gelyke geleenthede te gee om:

• Hoopvol te lewe en as ‘n toegeruste avonturier te voldoen aan die uitdagings wat die Vierde Industriële Rewolusie (4IR) wêreldwyd aan ons bied.

• Persoonlike ontwikkeling met projekte wat fokus op emosionele (EQ) en kulturele intelligensie (CQ), entrepreneurskap, tegnologiese vaardighede en sosiale bemagtiging wat NIE deur die normale kurrikulêre/buite-kurrikulêre aangespreek word nie en daardeur ‘n produktiewe, verantwoordelike, etiese, kreatiewe en meelewende lid van die samelewing vorm.

Kernwaardes:

  • Respek
  • Verantwoordelikheid
  • Eerlikheid
  • Omgee
  • Integriteit
  • Geduld

Visie​

Ons gee almal die geleentheid om hoog te vlieg deur vir almal wat by CR betrokke is ‘n uitnodigende, hoopvolle toekoms te skep in ‘n veilige omgewing waar elkeen die ondersteuning kry om vreesloos te droom danksy onbeperkte geleenthede tot hulle beskikking.

Ons bou aan ‘n beter as die beste jy!

MENU
Laerskool Staatspresident CR Swart