Kultuur @ CR Swart

Redenaars

Laerskool CR Swart het ‘n Interne Redenaarskompetisie wat jaarliks gehou word. Die sprekers wat hieraan deelneem word vooraf deur die taalonderwysers in die klaskamer geïdentifiseer. Die beste tien sprekers in die graad neem aan die interne kompetisie deel.

Babbelbek ( Graad 1 – 3 )

Lekkerpraat ( Graad 4 – 7 )

ATKV Redenaars

Die ATKV Redenaarskompetisie is ‘n nasionale kompetisie, wat deur die ATKV uitgeskryf is. Die ATKV se doelwit is onder andere om logies kreatiewe denke te ontwikkel, eie menings en argumente te formuleer en om met selfvertroue ander mense tot hulle standpunt oor te haal.

Ons waarborg groter blootstelling en ontwikkeling vir ons eie sprekers.

Radikale Redenaars (Graad 1 – 7)

Een van die eksterne kompetisies waaraan die CR’tjies deelneem is die RRF (Radikale Redenaars Fees). Dit verloop soos enige redenaarskompetisie.

Artistatue Redenaars ( Graad R – 7)

Artistatue is nog een van die eksterne kompetisies waaraan die CR’tjies deelneem. Dit verloop soos enige redenaarskompetisie.

Koor

Met Koorsang wil ons ‘n lewenslange liefde vir musiek en sang by leerders ontwikkel. Koorsang leer ook deursettingsvermoë, toewyding en kinders leer om as ‘n span saam te werk.
Ons is ongelooflik trots op beide die kore. Met hul hoë standaard van sang, hou hulle die CR’tjies-naam hoog!

Kanaries  ( Graad 1 – 3 )  –  Me. Annelize Janse van Rensburg

Seniorkoor  ( Graad 4 – 7 )  –  Me. Anri van der Westhuizen

WOW Spelfees

Laerskool CR Swart kweek jaarliks by die CR’tjies ‘n lus om spelwoorde te leer! Elke klas en graad spel vir ‘n vale tot by die algehele skoolfinale waar die beste spellers van elke graad teen mekaar kompeteer en oefen. Ons ouers, met baie waagmoed, neem ook hier deel sodat ons ons CR’tjies spelfiks het.

CR neem jaarliks deel aan die Nasionale WOW Spelfeeskompetisie te Stellenbosch.

 

Wow Spelfees  ( Graad 1 – 7 )  –  Me. Melanie Haarhoff

Landsdiens

Liefde vir God

Liefde vir ons medemens

Liefde vir die natuur

Liefde vir arbeid Diensbaarheid

Hier word die jeug se talente en geestelike groei ontwikkel om hulle toe te rus met vaardighede om uitdagings en probleme op ‘n daaglikse basis te kan hanteer.

Leerders van graad R tot 7 kan deel wees van die Landsdiens. Daar is maandeliks byeenkomste en ‘n klubkamp vir ons graad 6 en 7 leerders waar hulle dan gekies kan word vir die provinsiale kamp en later in die jaar kry ons graad 4 en 5 leerders ook die  geleentheid om ’n kamp van hul eie by te woon.

Landsdiens  ( Graad 1 – 7 )  –  Me. Mariza Senekal

Kunstefees

Kuns, drama, sing en dans word regdeur die jaar beoefen. Die meeste deelnemers behoort aan klubs en het hulle eie professionele afrigters. Die skool skep geleenthede waar hierdie kunste uitgeleef kan word.


Artistatue Kunstefees  ( Graad R – 7 )  –  Me. Janine Prinsloo

MENU
Laerskool Staatspresident CR Swart