Vrae wat gereeld gevra word:

Hoe laat kom die skool uit?

Raadpleeg asb die kommunikeerder of die kantoor om uitkomtye te bevestig wat wissel.

Hoe laat is pouse?

Raadpleeg asb die kommunikeerder of die kantoor om uitkomtye te bevestig wat wissel.

Mag ek my kind op ‘n Vrydag gedurende skooltyd afhaal?

Geen kind kan gedurende skooltyd Vrydae by skool kom haal word nie, tensy vooraf gereël met ontvangsdame.

Wanneer is die Klerebank oop?

  • Maandae – Donderdae: 08:00-13:30
  • Vrydae: 08:00-12:30

Hoe werk die Klerebank?

Tweedehandse klere is by die klerebank beskikbaar teen billike pryse. Aangesien die klerebank afhanklik is van skenkings is alle artikels nie noodwendig altyd in voorraad nie. Klere is te koop slegs op ’n kontantbasis.

Hoe werk die Klerebank se betaling?

U gaan eers na die klerebank toe om te kyk of daar voorraad is waarna u soek. Indien u wel iets daar koop, gaan betaal u eers die bedrag by die finansieskantoor in, neem u kwitansie terug na die klerebank, toon dit daar waarna u die aangekoopte klerasie sal ontvang.

Waar kan ek skooldrag (nuut) aankoop?

  • Die Lapa – 013-282-5794
  • Retiefs – 013-243-2487
  • School Zone – 013-243-3241

Waar kan ek ondersteunershemde en -baadjies aankoop?

Ondersteunershemde is teen R300 by die Sportklerewinkel op die skoolterrein beskikbaar.

Waar kan ek sweetpakke en sportdrag aankoop?

Sweetpakke en sportdrag is by die Sportklerewinkel op die skoolterrein beskikbaar.

Wanneer mag skoolsweetpakke/Vrydagdrag gedra word?

Volledige skoolsweetpakke met tekkies mag elke dag (in die winter) gedra word in plaas van grys langbroeke, langmouhemde en skoolskoene.