Akademie @ CR Swart
By ons skool benader ons die voorgeskrewe kurrikulum met kreatiwiteit en toewyding.
Die inoefening van basisvaardighede geniet hoë prioriteit in elke klaskamer, terwyl die akademiese, emosionele en geestelike ontwikkeling van elke leerder die hart van ons onderrig vorm. Gereelde terugvoering aan ouers hou hulle betrokke by hul kind se vordering en groei.
Ons volg die kurrikulum soos deur die onderwysdepartement bepaal, maar dit is die wyse waarop ons dit aanbied wat die verskil maak. Deur opvoedkundig verantwoordbare onderrig, berei ons leerlinge met selfvertroue en vaardigheid voor om hul plek in enige tophoërskool vol te staan.
Ons aksieplan vir sukses: onderrig met integriteit, insig en inspirasie.
Grondslagfase
Graad 1, Graad 2 en Graad 3.
Afrikaans, Engels, Wiskunde, en Lewensvaardigheid tel as deel van die rapport.
Graad 1 tot 3 werk met ‘n 1 – 7 skaal, waarvan 1 (nie voldoende) en 7 (ten volle bereik) beteken. Alles word netjies uiteengesit op ons rapporte wat die leerders kwartaalliks ontvang.
Intermediêre- en Seniorfase
Vakke: Graad 4, Graad 5, Graad 6
- Afrikaans Huistaal
- Engels Addisionele Taal
- Wiskunde
- Natuurwetenskap en Tegnologie
- Lewensvaardigheid:
- Persoonlike Sosiale Welstand
- Kuns en Kultuur
- Liggaamlike Opvoeding
- Sosiale Wetenskappe:
- Geografie
- Geskiedenis
Vakke: Graad 7
- Afrikaans Huistaal
- Engels Addisionele Taal
- Wiskunde
- Natuurwetenskappe
- Tegnologie
- Skeppende Kunste
- Ekonomiese Bestuurswetenskappe
- Lewensoriëntering:
- Ligaamlike Opvoeding
- Sosiale Wetenskappe:
- Geografie
- Geskiedenis
Ekstra Breinkos
Inligtingsvaardigheidsentrum
Die rekenaarsentrum by die laerskool dien as ‘n waardevolle leerhulpbron wat leerders toegang gee tot moderne tegnologie in ’n veilige en gestruktureerde omgewing. Hier kry leerders die geleentheid om opvoedkundige programme te gebruik wat nie net hul tegniese vaardighede ontwikkel nie, maar ook hul akademiese prestasie ondersteun.
In die rekenaarsentrum word spesiale sagteware en aanlyn programme gebruik wat leerders se vaardighede in lees, wiskunde, taal en ander leerareas verbeter. Hierdie programme is doelgerig ontwerp om op verskillende vlakke van begrip te fokus en leerders se kritiese denke, probleemoplossing en digitale geletterdheid te bevorder.
Die gebruik van die rekenaarsentrum is geïntegreer met die kurrikulum, wat beteken dat leerinhoud van ander vakke gereeld deur middel van rekenaars versterk word. Byvoorbeeld, in die taalvakke kan leerders digitale leesboeke en klankaktiwiteite gebruik om hul leesbegrip en uitspraak te verbeter, terwyl hulle in wiskunde programme gebruik wat aanpas by hul individuele vordering en behoeftes.
Benewens opvoedkundige programme, het leerders ook toegang tot die internet vir navorsingsdoeleindes. Hulle leer hoe om betroubare bronne te identifiseer, inligting doeltreffend te verwerk en hul kennis aan te wend in projekte en aanbiedings. Die sentrum is toegerus met drukkers sodat leerders hul navorsingsprojekte, take en plakkate kan druk vir gebruik in die klaskamer.
Die rekenaarsentrum speel dus ’n belangrike rol in die ontwikkeling van selfstandige en tegnologies-bekwame leerders. Deur hierdie fasiliteit word hul leerervaring verryk en word hulle voorberei vir ’n wêreld waarin tegnologie ’n noodsaaklike deel van die alledaagse lewe is.
Mediasentrum
Die skool se mediasentrum lewer ‘n diens aan die leerlinge sowel as die onderwysers rakende inligtingsnavrae en onderwyshulpmiddele. Die sentrum wakker ‘n leesgees aan. Die mediasentrum is oop vir leerlinge tydens skoolure en in die middae vir uitleen van boeke en inligtingsnavrae. Die hulp van kundige personeel is deurentyd beskikbaar.


Hulpbronne
Hierdie is ’n plek wat jou kan help met take, kliek net op die naam en die skakel sal jou na die spesifieke webblad neem.